Manne-ontbyt met Jannie Pelser

Brackenfell-Wes NG Kerk verwelkom Jannie Pelser wat ons kom bedien op hierdie manne-ontbyt. Jannie Pelser is ‘n ou bekende in mediakringe (hy het al verskeie radio en tv programme behartig) en in musiekkringe. Hy het onlangs sy nuwe CD vrygestel. Sy passie is herlewing in Suid Afrika, gemeentelike vernuwing, versoening en eenheid van die kerk van Christus, asook dissipelskap. Ander inisiatiewe waaby hy betrokke is, is #InTheMiddle, Toekomsvenster en “Terug Kerk Toe Sondag”.

NG Kerk Brackenfell Wes, Janiestraat 4, Brackenfell.

Kaartjies: Kom luister na Jannie Pelser oor ‘n heerlike ontbyt vir net R100!

Kontak die kerkkantoor vir kaartjies – 021 981 9999

Kom 08:30 vir ‘n koppie koffie, die program skop af teen 09:00

Daar sal pryse wees vir ‘n paar bevoorregte manne.

CD’s en ander materiaal van Jannie sal te koop bekikbaar wees.

Hy neem ook die erediens waar op Sondag, 7 Mei 2017 om 09:00.

Spesiale offer sal by die deure opgeneem word vir Jannie se werk met Toekomsvenster.